Jy hoef nie in vrees te lewe nie, Laat ek jou wys hoe! www.drongo.co.za

1: Afskrik middels

Aanvallers is slim. Hulle oorweeg hulle opsies deeglik vóórdat hulle iets aanvang. Maak seker dat jou plek ietwat gevaarliker as die res lyk. Honde, hekke, heinings en veral ligte is belangrik. Jy kan dit ‘n stappie verder neem deur ‘n swerm goedkoop fop sensor ”beams” te installeer, sodat dit lyk of jou plek oortrek is met sekuriteit stelsels! Drongo verkoop oulike “leë dop” fop sensors vir hierdie doel.

2: Deure en hekke

Statistieke wys dat aanvallers meesdal by ‘n deur inkom, dus is ‘n hek noodsaaklik. Geen hek sal op sy eie ‘n vasberade aanvaller uithou nie, maar dit sal hom wel kosbare tyd kos. -Tyd wat jy tot jou voordeel kan benut, maar slégs as jy van hom weet vóórdat hy begin karring aan daai hek. ‘n Buitebrakkie of drie is wonderlik hiervoor, mits hulle wakker is.

3: Vroeë waarskuwing stelsels

‘n Hond is nou wel jou heel beste vriend, maar ‘n Drongo raak nie aan die slaap nie en hy lek jou nie. Drongo doen meer as blaf. Hy vertel jou van wat om jou huis aangaan vóórdat hulle kan begin werskaf aan jou hek. Op die ou einde is dit slegs tyd wat vir jou veiligheid kan bring. Met genoeg tyd kan jy helder dink en daadwerklik optree. Drongo koop vir jou die minute wat jy nodig het om jou familie te beveilig.

4: Gemeenskap

Moenie ‘n suurknol wees nie. Ken jou bure -al wil hulle jou soms laat slange vang. Sluit aan by die buurtwag en die “whatsapp” groepies in jou buurt. In ‘n oomblik van nood wil jy nie wonder wie jou buurman is nie. ‘n Aktiewe, wakker gemeenskap is ‘n fantastiese afskrikmiddel. As jou buurt nie “daai soort” is nie, staan op en maak self ‘n verskil. Dit moet tog sekerlik êrens begin?

5: Bly Binne

Aanvallers probeer om jou in die donker na buite te lok, waar jy weerloos is. Moenie in die nag by jou huis uitgaan oor enige iets wat buite gebeur nie. Dinge soos onverwagte kragonderbrekings, ‘n hond wat blaf. Selfs ‘n kind wat in die straat huil. Hulle sal werklik enige iets doen om jou buite te kry. Bel eerder jou buurman of jou gewapende reaksie diens om buite te kom kyk wat aangaan vóórdat jy jou voete buite sit.

6: Beplan jou reaksie

Die hitte van die oomblik is nie ‘n goeie tyd vir “boer-maak-’n-plan” nie. Net soos wat jy beplan vir aftrede, moet jy ook beplan vir aanvalle. Lys die verskillende situasies wat jy kan indink, en beplan presies wat jy en jou familie gaan doen in elk van die gevalle. Waar moet die kinders wegkruip? Wat is die “toorwoord” wat die grootmense sal sê? Wie gaan jy bel? Skryf dit neer, hersien en oefen dit gereeld saam met jou gesin.

7: Stadig met die skietgoed

As jy nie jou wapen soos die palm van jou hand ken nie, kom daai aanvaller en vat hom af. Dan het jy wat ons noem ‘n “slegte dag”. Jy het ‘n keuse: Óf jy skiet gereeld, óf jy raak ontslae van die ding. As jy hom gaan hou en gereeld skiet, hou hom skoner as jou beste sondag onderklere.

Opsomming:

Drongo is die sleutel tot jou veiligheid, want hy koop vir jou die meeste tyd. In meeste gevalle installeer gebruikers dit sommer self. As jy egter gebore is met 10 duime, kan jy staatmaak agente dwarsdeur die land wat jou kan help met verskaffing en installasie. Drongo word trots in Suid Afrika vervaardig en versprei deur Polygon Technologies. Besoek gerus www.drongo.co.za